De Wet Hugo

De Wet Hugo is 'n laerskoolonderwyser en werk al vir meer as 'n dekade by Britse Internasionale Skole in die buiteland. Hy kom oorspronklik van 'n Bolandse wynplaas buite Worcester af, maar noem Kleinmond deesdae sy Suid-Afrikaanse tuiste. Hy is die skrywer van onder andere die gewilde Grilgrypers-, Kies-jou-avontuur- en Kinkels en keuses-reekse en in sy vrye tyd lees, reis en fliek hy graag.