Opsomming

Jason wil eendag ’n fyngebaksjef word. Hy besluit om in te skryf vir Bohaai!, ’n bakkompetisie wat op TV uitgesaai gaan word. Maar wie moet hy kies om in sy span te wees? Hoe gaan hy keer dat Minette wen? Veral as hy met goed soos deegmonsters, stink koekies en resepte in vreemde tale te doen gaan kry? JY besluit aan die einde van elke hoofstuk wat volgende gaan gebeur! Dié storie is propvol opwindende kinkels en keuses!