Opsomming
Op sy verjaarsdag wens Jaco vir net een ding: ’n hond! En ’n hondepartytjie, met hondekolwyntjies. Maar gaan hy die geskenk van sy drome kry? Sal sy gunstelingmusiekgroep, Wagter en die Waghonde, opdaag? En wat moet hy doen as sy partytjie skielik ’n reuseramp is, of as die hond wat hy kry in iets baie eienaardigs verander? JY besluit aan die einde van elke hoofstuk wat volgende gaan gebeur! Dié storie is propvol opwindende Kinkels en keuses!





