Opsomming:

Wat sal jou so lekker laat gril dat jy skoon hoendervel kry? Wat van ’n teddiebeer wat lewend word en jou probeer begrawe, of ’n snotmonster wat ’n koshuis terroriseer? Of miskien as al die honde in die dorp skielik gelyk begin huil? Dalk eerder ’n spookmeisie wat in die middel van die nag in jou oor fluister? Hierdie bundel bevat 11 naelkou-lekker kortverhale deur twee skrywers wat presiés weet hoe om al die hare op jou kop regop te laat staan. Is jy braaf genoeg om dit te lees?