Opsomming

Dieter is ’n ware fliekvlooi. Maar gaan al sy filmkennis hom help as ’n hologramreus hom en sy tweelingbroer, Darius, na ’n virtuele fliekwêreld ontvoer? Hulle moet van ruimtewesens, booswigte en monsters vlug, saam met ’n superheld veg en nog meer – alles om vier fliekkaartjies te vind en te ontsnap. Maar wat het die ou wetenskaplike in die spookhuis op die bult daarmee te doen? 'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!