Opsomming
Hier wag ure se vermaak: grappe wat jou sal laat skater, raaisels en vreemde feite waarmee jy almal sal laat kopkrap en prettige speletjies wat jou, jou gesin en jou maats van verveling sal red. Daar is selfs lekkerlag-limerieke – snaakse rympies wat jou lagspiere gaan kielie. Wag tot jy hoor waarom spoke nie leuens kan vertel nie. Of wat gebeur as jy te veel wortels eet! En jy gaan op die grond rondrol as jou maats moet verduidelik waarom hulle sal kies om ’n tandeborsel met ’n sjimpansee te deel of waarom hulle in ’n bed vol miere sal slaap!




