Opsomming

Hierdie vreesaanjaende bundel bevat grilverhale oor spoke, kwelgeeste, goëlery, krapgeeste, dwaalgeeste, fortuinvertellers, stigmata, wonderwerke, sieners, séances, sangomas, tokkelosse, djins, spookligte en alles wat onverklaarbaar is. Laat gerekende spekskieters soos Kerneels Breytenbach, Henning Pieterse, Jaco Jacobs, Marion Holm en Marié Heese jou die Skrik op die Lyf jaag. Heelparty bonatuurlikwoordbegaafde bangmakers debuteer ook hier.